William Talbot, ’n Suid-Afrikaanse ingenieur, en sy seun, Peter, het in 1970 ’n klein veeplaas naby Vaalwater in Limpopo gekoop, waar hulle naas die veeboerdery ’n oplossing gesoek het vir die koste en ondoeltreffendheid van tradisionele dompeldips om vee teen bosluise en siektes te beskerm.

Peter het die Spray Race-dipstelsel ontwikkel, waar die vee deur ’n dipoplossing loop pleks van swem. Dit het op dipmengsels en boukoste bespaar. Dié vernuwende stelsel het boere se belangstelling geprikkel op die Pretoria-landbouskou in1972, en teen die middel 1970’s het Peter Talbot ’n onafhanklike maatskappy, Tal-Tec (Edms.) Bpk., gestig om in die vraag na die toerusting te voorsien. Sedertdien het Tal-Tec aanhou groei en lewer steeds vernuwende veehanteringstoerusting onder die bekwame leiding van Greg Talbot, Peter se seun, wat hom in die 1990’s by die onderneming aangesluit en vandag die uitvoerende hoof van Tal-Tec is.

Tal-Tec is ’n gesinsonderneming wat oor dekades heen gegroei het tot ’n voorste vervaardiger van toerusting vir die hantering van vee in die landboubedryf. Dit is in 1974 deur William Talbot en sy seun Peter gestig, en het vandag Peter se seun Greg aan die stuur.

Greg sê die onderneming se reis oor 50 jaar getuig van deursettingsvermoë, vernuwende denke en die krag van lojale werknemers. Die beginjare was moeilik. William en Peter moes droogtes, politieke onsekerheid en stram arbeidsverhoudinge trotseer, maar hulle het Tal-Tec ondanks hierdie struikelblokke laat groei deur die volgehoue ontwikkeling van nuwe produkte en die verbetering van reeds bestaande produkte

Peter het landbouskoue landwyd besoek om Tal-Tec se veehanteringstoerusting aan boere bekend te stel. Dit het sonder uitsondering boere se belangstelling geprikkel en die klantelys laat groei.

Greg Talbot, die huidige uitvoerende hoof, het in eintlik in Tal-Tec se kantoor en fabriek grootgeword en as kind reeds takies begin doen. Hy het in 1994 voltyds by die onderneming aangesluit nadat hy sy studie in meganiese ingenieurswese aan die Technikon Witwatersrand voltooi het. Hy het voortgebou op sy pa werk, maar nie geskroom om veranderinge aan te bring nie. Hy het ook voortgegaan om Tal-Tec se produkte op landbouskoue en boeredae te vertoon. 

In 2002 het Tal-Tec sy eie webwerf, www.tal-tec.co.za, bekend gestel. Dit was ’n groot stap vorentoe, hoewel die stadige internetspoed op die platteland in Suid-Afrika ’n probleem was. Die webwerf het egter gehelp om Tal-Tec se mark uit te brei en sy produkte wyer bekend te stel.

Greg se geloof speel ’n belangrike rol in sy leierskapstyl. Hy is diep dankbaar vir Tal-Tec se sukses deur die jare en gee alle eer aan Jesus Christus. Hy glo die maatskappy se sukses is te danke aan harde werk, deursettingsvermoë en ’n sterk geloof in God se leiding. Hy is opgewonde oor Tal-Tec se toekoms.

1970’s: Eerste Pretoria-skou met William en Peter Talbot

1972: Eerste beesspuitgang, ontwerp deur William en Peter Talbot

1974: Tal-Tec gestig deur die Talbot-familie

1977: Verkry ’n lening van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie vir die aankoop van die fabriek

1980’s: Tal-Tec-logo word ontwerp; Pretoria-skou met nek-en-lyfklamp

1982: Ontwikkel nek-en-lyfklamp; Peter Talbot ontwikkel hidrouliese laai-sel-innovasie (Easyway-beesskaal)

1980’s: Veerbalansskale deur Tal-Tec-span ontwikkel

1990’s: Nampo; die afdak word aangebou om werk in die somer te vergemaklik

1990: Beesselfvoerder, beeslaaibank en beeskantelaarklamp bekend gestel

1992: Tru-Test-skaal bekend gestel

1993: SIMA-landbouskou in Parys

1994: Greg Talbot sluit in Januarie voltyds by die familiebesigheid aan

1999: Expo Agra in Argentinië; registreer die webwerf www.taltec.co.za

2000’s: Nampo

2001: Veilingskrale en betonmengers

2002: Die eerste webwerf word bekend gestel

2003: Tal-Tec LS4-skaal bekend gestel

2004: Brandysters

2007: Royal-skou, stal spuit en kraal ten toon; Josaya Sithole en Bronwen Burton installeer ’n sproeier en kraal in Lubumbashi, Demokratiese Republiek van die Kongo

2008: Samic-prysuitdelingsdinee; Pretoria-skou met die weeg van beeste

2010’s: Nampo; Lusaka-landbouskou; Harare-landbouskou; ALFA: Africa Livestock Fair; Bathurst-landbouvereniging

2010: Op 30 September word die nuwe eiendom gekoop; Johan Malan begin nuwe produklyne ontwerp; ontwikkel ’n prototipe van die skaapkantelaar; embrioklamp bekend gestel

2011: Rondomtaliekraal, ontwerp deur Johan Malan

2013: Prototipe van skaapkantelaar word bekend gestel en getoets

2015: Bouwerk begin in September aan die nuwe gebou; 3 000 m²-fabriek

2017: Nuwe skaapspuitgang word getoets

2018: Die gebou word in Maart voltooi

2020’s: Nampo; Nampo ALFA;
Bathurst-landbouvereniging

2022: Skaap-rondomtaliekraal, ontwerp deur Johan Malan, word bekend gestel

2024: Tal-Tec word 50

By Tal-Tec is dit die mense agter die produkte en dienslewering wat werklik saak maak. Hier is die toegewyde span – elkeen ’n onontbeerlike skakel in die ketting van die maatskappy se sukses. Van sy ervare ingenieurs tot sy passievolle verkoops- en ondersteuningspan, werk dié mense saam om aan boere die beste landboutoerusting te bied.

Dié mense doen elke dag hul bes om Tal-Tec se standaard van uitnemendheid te handhaaf en begin elke werkdag met ’n gebed en oefening vir ’n minuut lank om die bloedsomloop aan die gang te kry, bespreek voorstelle of probleme en hou ook ’n produksievergadering om die planne vir die dag te bespreek.

Greg Talbot, uitvoerende hoof, is aan die stuur van sake en sy werknemers het die grootste respek vir hom. Hulle sê hy behandel almal gelyk en met respek. Sy mense meen dit is aan hom te danke dat Tal-Tec so ’n groot suksesverhaal is.

Dit is dus geen wonder nie dat meer as 50% van die huidige werknemers reeds langer as tien jaar by Tal-Tec werk – 15 van hulle het al amper 20 jaar diens by die onderneming. Sy werknemers beskou hom as ’n rolmodel en ook ’n vriend.

By Tal-Tec is dit die mense agter die produkte en dienslewering wat werklik saak maak. Hier is die toegewyde span – elkeen ’n onontbeerlike skakel in die ketting van die maatskappy se sukses. Van sy ervare ingenieurs tot sy passievolle verkoops- en ondersteuningspan, werk dié mense saam om aan boere die beste landboutoerusting te bied.

Dié mense doen elke dag hul bes om Tal-Tec se standaard van uitnemendheid te handhaaf en begin elke werkdag met ’n gebed en oefening vir ’n minuut lank om die bloedsomloop aan die gang te kry, bespreek voorstelle of probleme en hou ook ’n produksievergadering om die planne vir die dag te bespreek.

Greg Talbot, uitvoerende hoof, is aan die stuur van sake en sy werknemers het die grootste respek vir hom. Hulle sê hy behandel almal gelyk en met respek. Sy mense meen dit is aan hom te danke dat Tal-Tec so ’n groot suksesverhaal is.

Dit is dus geen wonder nie dat meer as 50% van die huidige werknemers reeds langer as tien jaar by Tal-Tec werk – 15 van hulle het al amper 20 jaar diens by die onderneming. Sy werknemers beskou hom as ’n rolmodel en ook ’n vriend.

Van links na regs: Jacques Beukes, Medelein Gover, Greg Talbot en Johan Malan. FOTO: MARIEKE SNYMAN

Van links na regs: Jacques Beukes, Medelein Gover, Greg Talbot en Johan Malan. FOTO: MARIEKE SNYMAN

Die Talbot Familie

Almal by Tal-Tec het groot respek vir Greg Talbot, uitvoerende hoof, want werknemers meen hy is een van die beste werkgewers wat hulle al gehad het. Hulle sê hy behandel almal gelyk en met die grootste respek. Sy deur is altyd oop om te gesels, maak nie saak of dit werkverwant of persoonlik is nie. Hy gee altyd raad en help waar hy kan. Sy mense meen dit is aan hom te danke dat Tal-Tec so ’n groot suksesverhaal is.

Dit is dus geen wonder nie dat meer as 50% van die huidige werknemers reeds meer as tien jaar by Tal-Tec werk – 15 van hierdie werknemers het al amper 20 jaar diens by die onderneming. Hulle sê hy is nie net ’n werkgewer nie, maar ook ’n groot rolmodel en vriend.

Baie koue nagte op
Nampo-park

Gewoonlik is die Nampo-oesdag ’n baie koue skou. Hoewel dit warm is in die dag, kan dit snags en vroegoggend baie koud word. Een jaar was dit só koud dat ’n emmer water met ’n lap in solied gevries was. Tal-Tec se span kry soms soggens voor die skou begin die brandoond aan die gang om net ’n bietjie op te warm.

Die oggendroetine

Die werknemers sê dat Tal-Tec vir hulle soos ’n tweede familie is. Hulle het van die begin af tuis gevoel, en van die personeel is soos broers en susters vir mekaar. Hulle kom almal oor die weg, bak gereeld poetse en maak grappies met mekaar, wat dit lekker maak om elke dag werk toe te kom.

Hulle hou ook van hoe die werksdag begin. Elke oggend open hulle met gebed om die dag reg te begin, doen sowat 1 minuut lank oefening om die bloed te laat vloei, bespreek voorstelle of probleme en hou ook ’n produksievergadering om die planne vir die dag te bespreek.

Tal-Tec sorg ook vir sy personeel met partytjies en uitstappies om hulle vir hul harde werk, toewyding en lojaliteit te beloon.

Jaareindpartytjies

’n Goeie herinnering vir die personeel is die jaareindgesellighede. Die een jaar is dit ’n braai by die fabriek, maar elke tweede jaar neem Tal-Tec die werknemers en hul gesinne na ’n oord. Almal kom by Tal-Tec bymekaar en ’n bus vervoer hulle na die oord, waar die kinders kan swem en op ’n waterglybaan kan rinkink terwyl die grootmense braai.

Die onvergeetlikste uitstappie was toe almal in 2014 na Sun City se Valley of the Waves gegaan het.

2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi

Nóg ’n onvergeetlike uitstappie vir die personeel was in 2010 toe Tal-Tec se hele span ’n heerlike dag in Rustenburg deurgebring het om na ’n Wêreldbeker-sokkerwedstryd te gaan kyk. Hulle het die oggend vroeg met ’n bus vertrek, ’n jolige ervaring gehad en die middag teruggekeer. Dit was ’n heerlike uitstappie wat vir spesiale herinneringe gesorg het.

Met ’n sterk klem op vernuwing en boerebetrokkenheid gee Tal-Tec die pas aan in veehanteringstoerusting. Die onderneming se visie vir die toekoms sluit die integrasie van kunsmatige intelligensie in, wat die potensiaal het om boerderybedrywighede te transformeer.

Tal-Tec se visie is om die bedryf te lei met vernuwende oplossings vir veebestuur en boere te bemagtig om in ’n moeilike ekonomie en landboumark sukses te behaal. Die maatskappy verstaan hoe belangrik dit is om by die ontwikkelende behoeftes van die landbou aan te pas die voortreflike gehalte van sy produkte en ook mededingende pryse te handhaaf.

Tal-Tec se verbintenis tot die verbetering van boere se werk spoor hom aan om die grense van tegnologie en klantebetrokkenheid voortdurend te verskuif. Greg Talbot, uitvoerende hoof van Tal-Tec, beklemtoon die belangrikheid van regstreekse kontak met boere om hul behoeftes beter te verstaan. “Ons is deeglik bewus van die behoefte om aan die voorpunt van toerustingontwikkeling te wees,” sê hy.

Hierdie betrokkenheid behels aktiewe samewerking met klante om omvattende terugvoering te kry oor wat hulle waardeer en watter verbeteringe hulle wil sien. Tal-Tec se filosofie is om proaktief te wees in die ontwikkeling van sy produkte en boere se inspraak daarin is onontbeerlik. Die onderneming se samewerking met boere verseker dat produkte aan hul verwagtinge voldoen, en dit selfs oortref.

Benewens vernuwing plaas Tal-Tec sterk klem op produkgehalte en mededingende pryse.

Tal-Tec se suksesvolle uitbreiding na markte soos Zimbabwe, Botswana, Namibië en Zambië getuig van sy verbintenis tot ’n wêreldwye reikwydte, sonder om integriteit prys te gee. Tans maak internasionale verkope 30% van Tal-Tec se besigheid uit, aangevul deur regstreekse verkope (40%) en verkope deur koöperasies en herverkopers (30%). Hoewel regstreekse verkope winsgewender is, waardeer Tal-Tec die logistieke voordele wat verkope deur derdepartye bied om ’n breër mark te bereik.

Tal-Tec is veral opgewonde oor die potensiaal van kunsmatige intelligensie (KI) in veeboerdery in die toekoms. Greg voorspel KI gaan ongekende geleenthede bied om bedrywighede te optimaliseer, dieregesondheid en -sorg te verbeter, en produktiwiteit te verhoog. KI kan onder meer waterverbruik voorspel, optimale voerinname bepaal, maatstawwe vir dieregesondheid monitor en rekordhouding vergemaklik.

KI kan veebestuur verander deur middel van masjienleer en data-ontleding van sensors wat deur boerderye geplaas word. Dit sal nie net boere se werklading verminder nie, maar hulle ook in staat stel om meer tyd en hulpbronne aan die welstand van hul vee en die produktiwiteit op hul plase te wy.

Tal-Tec se doelwit is om aan die voorpunt van tegnologiese vooruitgang te bly deur gepaste, moderne toerusting te ontwikkel wat die doeltreffendheid van veeboerdery verbeter.

Deur gehalteprodukte met tegnologie en klantebetrokkenheid te kombineer, is Tal-Tec daartoe verbind om die toekoms van veebestuur te bepaal en boere vir sukses te bemagtig.

OPINIES

Artikels deur Greg Talbot

NASPEURBAARHEID KAN GROEI IN SA LANDBOU AANWAKKER

Suid-Afrika se landboubedryf is onder druk om ’n geloofwaardige naspeurbaarheidstelsel in te stel om voedselveiligheid en gehaltebeheer te verbeter. Die land is een van die min Afrika-lande sonder ’n naspeurbaarheidstelsel.

LANDBOUSEKTOR MOET KLIMAATSVERANDERING NAVIGEER EN GROEI

Die landbousektor is ’n sleutelkomponent van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit skep werk en verskaf voedselsekerheid. Die afgelope jaar was ’n moeilike een, gekenmerk deur droogtes en die voortslepende impak van dieresiektes. In die jaar wat voorlê, sal die landbou daarop toegespits wees om die risiko’s van klimaatsverandering te navigeer en te versag om groei te bewerkstellig.

DIE ETIEK VAN BRANDMERK: 'N NOODSAAKLIKE HULPMIDDEL VIR SEKURITEIT, NASPEURBAARHEID EN DIEREWELSYN

Die brandmerk van vee is al vir meer as 6 000 jaar 'n noodsaaklike praktyk in Suid-Afrika en die wêreld en dien dit as 'n manier om vee te identifiseer en op te spoor. In Suid-Afrika, waar veediefstal 'n aanhoudende uitdaging is, bly brandmerk 'n sleutelinstrument om boere teen aansienlike finansiële verliese te beskerm. Met die toename in veediefstal duur die debat voort oor diere-identifikasiemetodes wat sekuriteit, naspeurbaarheid en kommer oor dierewelsyn balanseer.

NASPEURBAARHEID: 'N NUWE ERA VAN DEURSIGTIGHEID IN DIE ROOIVLEISBEDRYF

Naspeurbaarheid is nie net ’n regulatoriese vereiste nie – dit is ’n noodsaaklike instrument om voedselveiligheid, siektebekamping en marktoegang te verseker. Met die bekendstelling van ’n bedryfsgedrewe stelsel bied die Red Meat Industry Services (RMIS) nou ’n oplossing wat produsente en kopers se vertroue versterk.

Boere vol lof vir Tal-Tec se produkte, diens

Tal-Tec se toewyding aan gehalte en diens het ’n diepgaande impak op boere se daaglikse bedrywighede. Met produkte wat die hantering van beeste en die bestuur van boerdery makliker maak, is die verhale van tevredenheid en sukses duidelike getuienisse van Tal-Tec se onkreukbare reputasie as een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers van veehanteringstoerusting. Hier is ’n paar suksesstories van boere oor hoe Tal-Tec se produkte en diens hul boerderypraktyke verbeter het

| DELAREYVILLE

Produkte maak groot verskil

Wyne Karan, wat met Bonsmara-beeste en graan by Delareyville in Noordwes boer, het deur die jare Tal-Tec se produkte veral by koöperasies en Nampo raakgeloop. Hy onthou hoe hy op ’n keer dringend krale nodig gehad het. “Ek het toe van Tal-Tec se opslaankrale tydens Nampo gekoop, want dit was ’n vinnige oplossing,” sê hy. Hierdie verskuifbare krale het hom gehelp om sy werk voort te sit, selfs in ’n tyd van onsekerheid.

Wyne se ervaring met Tal-Tec se diens was ook uitstekend. “Een van hul ouens het onlangs by my ’n draai gemaak oor diens, wat baie goed is,” vertel hy. Hy glo ook Tal-Tec se nekklampe is van die beste in die land. Die verskuifbare produkte van Tal-Tec het ’n groot verskil in sy bedrywighede en kostedoeltreffendheid gemaak.

| OTTOSDAL

Toerusting bespaar tyd

Cobus Botha, wat met Bonsmara-beeste en mielies by Ottosdal in Noordwes boer en ook ’n voerkraal bedryf, was een van die eerste boere wat Tal-Tec se verskuifbare krale gebruik het. “Dit het beesboerdery baie makliker gemaak, want ons kon op plekke werk waar daar nie krale is nie,” verduidelik hy.

Hy het mettertyd ook laaibanke, sorteerhekke en skale by sy Tal-Tec-versameling gevoeg. Cobus se ervaring met Tal-Tec se toerusting het dit moontlik gemaak om sekere werk met sy beeste baie vinniger af te handel.

Hy waardeer ook die feit dat Tal-Tec altyd bereid is om probleme vinnig op te los.

| KLERKSDORP

Werk met beeste nou lekker

Naas Brits wat by Klerksdorp, Noordwes, met Beefmaster-beeste en gras boer, het baie jare gelede die eerste keer Tal-Tec se produkte gebruik. Hy het voorheen nekklampe by ’n plaaslike maatskappy gekoop, maar dit was nie doeltreffend in die drukgange nie. “As ’n bees hard daarteen gedruk het, het dit sommer oopgegaan,” vertel hy. Dié ervaring het hom aangespoor om alternatiewe produkte te soek.

Hy het uiteindelik by die ou Suidwes-koöperasie op Tal-Tec afgekom en van die nekklampe gekoop. “Sedertdien het ek ook van daai beeslyfklampe gekoop, en twee skale – een vir volwasse beeste en een vir kalwers.”

Tal-Tec het ook Naas se verskuifbare spuit sonder probleme omgeruil vir ’n permanente spuit toe hy besef het dit voorsien nie heeltemal in sy behoeftes nie. Die doeltreffendheid van Tal-Tec se produkte het Naas se ervaring met beeshantering aansienlik verbeter. Dit is nie meer vir hom ’n straf om met sy beeste te werk nie, aangesien Tal-Tec se toerusting dit soveel makliker maak.

Wat Tal-Tec se diens betref, is Naas veral beïndruk met Greg Talbot, die uitvoerende hoof. “Greg luister altyd na ’n mens en waardeer terugvoering van die boere uit,” sê Naas. Hierdie betrokkenheid van die eienaar by sy klante het Naas se vertroue in Tal-Tec versterk, en hy is baie tevrede met die produkte en diens wat hy ontvang.

| POTCHEFSTROOM

Betroubare diens

Vir Albert Beyers, ’n kommersiële beesboer by Potchefstroom in Noordwes, was Tal-Tec die enigste maatskappy wat sekere produkte beskikbaar gehad het. Hy gebruik Tal-Tec se nekklampe, krale en verskuifbare spuite. “Dié maatskappy se produkte hou op die lange duur beter,” sê Albert.

Vir hom was Tal-Tec se diens deur die jare betroubaar en hy het nog nooit probleme daarmee gehad nie. “Hulle is altyd beskikbaar,” voeg hy by.

Albert beklemtoon hoe Tal-Tec se verskuifbare spuite sy manier van boer verbeter het deur hom in staat te stel om sy werk in ’n kwart van die tyd af te handel. Dit is hierdie soort innovasies wat Tal-Tec as ’n leier in die bedryf gevestig het.

| NAMPO ALFA

Uitstekende tegnologie

Albert Loubser, wat verantwoordelik is vir die lewendehawe-ekspo op Nampo Alfa, gebruik Tal-Tec se produkte vir die biosekerheidsmaatreëls. “Die maatskappy gee vir ons krale waar die diere staan, asook die nekklamp, drukgang en ander toerusting wat ons vir veehantering nodig het,” sê hy.

Albert meen Tal-Tec se produkte bied die perfekte kombinasie van uitstekende tegnologie en goeie diens. Hy beklemtoon ook die feit dat Tal-Tec ’n unieke maatskappy is wat produkte bied wat mekaar aanvul, ongeag of jy met skape of beeste werk.

“Daar is nie ’n swak plek in Tal-Tec se mondering nie,” sê hy, en dít is die soort gehalte wat jy verwag van ’n maatskappy wat al só lank in die bedryf is.

Tal-Tec se reputasie vir gehalteprodukte en uitsonderlike diens is goed gevestig, soos blyk uit die verskillende boere se ervarings. Die onderneming se verbintenis tot vernuwing en sy bereidwilligheid om klante se terugvoering te gebruik om sy produkte te verbeter, het van Tal-Tec ’n gewaardeerde naam in die veehanteringsbedryf gemaak.

Tal-Tec het ’n helpende hand uitgesteek na boere in Noordwes wat onlangs onder verwoestende brande deurgeloop het. Die maatskappy het met die samewerking van Agri Noordwes en Senwes voer aan dié boere geskenk. 

Tal-Tec se inisiatiewe om die gemeenskap te ondersteun is meer as net projekte; dit is ’n passievolle verbintenis om lewens te verander. Van die opknapping van Lethabong-kleuterskool op Mandeladag en die ondersteuning van jong leerders deur die Catholic Institute of Education tot die hernuwing van Brits met die Proudly Madibeng-projek – Tal-Tec maak ’n blywende impak.

Lethabong-kleuterskool

Op Mandeladag, 18 Julie 2024, het Tal-Tec ’n kragtige en blywende indruk gemaak deur ’n opknappingsprojek by die Lethabong-kleuterskool in Oukasie by Brits aan te pak. Die kleuterskool het dringend verbeterings nodig gehad. Die toilette het gelek en die klaskamers was donker en onvriendelik.

Tal-Tec het die mure wit geverf en buisligte geïnstalleer om die ruimte te verlig. Die speelterrein is opgekikker en die klimrame is oorgeverf. Hierdie inisiatief het nie net die omgewing verbeter nie, maar ook ’n gevoel van hoop en sorg in die kleuterskool gebring.

Greg Talbot, uitvoerende hoof van Tal-Tec, sê die besluit om die Lethabong-kleuterskool te help, kom uit die hart. Die personeel het die kleuterskool voorgestel, en die maatskappy het die behoefte geïdentifiseer en daarop gereageer.

Hierdie soort projekte is besonder belangrik, veral vir die jong kinders in die kleuterskool. Baie van hulle se ouers het ’n lae inkomste en kan nie die nodige hulp vir hul kinders bied nie. Tal-Tec se betrokkenheid help om ’n opbouende impak op hierdie kinders se lewe te maak.

Catholic Institute of Education

Tal-Tec bied ook ’n program om jong leerders te ondersteun. Die maatskappy borg die Catholic Institute of Education (CIE), wat jong leerders by ingenieursmaatskappye plaas.

Tal-Tec het ook leerders in sy fabriek opgelei en hulle die kans gebied om vaardighede in die werkwinkel en sweiswerk te ontwikkel. Die onderneming se personeel respekteer die leerders en konsentreer op die oordrag van kennis om te verseker hulle leer waardevolle vaardighede aan.

Tal-Tec maak jaarliks ’n donasie aan die CIE om die projek voort te sit en meer leerders te ondersteun. Dit is vir die maatskappy belangrik om leerders te verwelkom en hulle ook ’n opbouende leerervaring te bied wat hierdie jong mense sal help om in die toekoms suksesvol te wees.

Proudly Madibeng

Tal-Tec reik ook uit na die Proudly Madibeng-projek, wat daarop gemik is om Brits op te knap en die voorkoms van die dorp te vernuwe. Die maatskappy dra maandeliks by tot hierdie inisiatief, en die verbetering in die dorp se voorkoms is duidelik. Dit is ’n voortgesette projek wat tot voordeel van die gemeenskap is, en Tal-Tec se verbintenis tot die verbetering van die omgewing bewys.

Die hele Tal-Tec-fabriek neem aan dié gemeenskapsprojekte deel, van die opknapping

van die kleuterskool tot die bydrae tot Proudly Madibeng. Dié pogings bewys die maatskappy se toewyding aan die verbetering van die plaaslike gemeenskap.

Hierdie versameling van Tal-Tec se advertensies deur die jare bied ’n nostalgiese blik op sy groei en ontwikkeling. Van die vroeë dae tot sy huidige posisie as leier in landbou-innovasie toon elke advertensie die maatskappy se toewyding aan gehalte en diens.

VEEHANTERINGStoerusting

Platform & Skaal

Bees Krat & Skaal

Bees Nekklamp

Nek & Lyfklamp

Veeartsklamp & Hek

Skaap Kanteltafel

Bees Sirkel Drukkraal

(Slegs half maan gedeelte)

TLR2 Bees Laaibank

Skaap Laaibank

Mobiele Drukgang

Bees Ring & Veselbak

Skaap Self-Voerder

Semi-Mobiel Spuitdip

Brandysters

VEEHANTERINGStoerusting

Platform & Skaal

Bees Krat & Skaal

Bees Nekklamp

Nek & Lyfklamp

Veeartsklamp & Hek

Skaap Kanteltafel

Bees Sirkel Drukkraal

(Slegs half maan gedeelte)

TLR2 Bees Laaibank

Skaap Laaibank

Mobiele Drukgang

Bees Ring & Veselbak

Skaap Self-Voerder

Semi-Mobiel Spuitdip

Brandysters

POTGOOIE

Sluit aan by Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, vir 'n boeiende gesprek met Greg Talbot, eienaar van Tal-Tec, 'n baanbreker in veehanteringstoerusting. Greg deel die geheime agter die maatskappy se 50 jaar lange sukses, hul toewyding tot gehalte en vernuwing, en hoe hulle steeds in die voorpunt van die bedryf bly. Of jy 'n gevestigde boer is of net nuuskierig oor wat Tal-Tec uniek maak, hierdie gesprek bied waardevolle insigte in die wêreld van veehantering.

Sluit aan by Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, vir 'n insiggewende paneelbespreking saam met Dawie Maree, Greg Talbot en Dewald Olivier. Die gesprek fokus op die rol van naspeurbaarheid in die versterking van Suid-Afrika se veebedryf en gee verskeie insigte oor die bedryf se uitdagings en moontlike oplossings.

50ste bestaansjaar-vieringe

Van opregte toesprake tot nostalgiese herinneringe, die verjaarsdag-geleentheid was 'n pragtige herinnering aan hoe ver TAL-TEC gekom het sedert hul nederige begin met die Spray Race in 1972.

Landbouweekliks TV

Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, gesels met Greg Talbot, uitvoerende hoof van Tal-Tec, oor die mylpale en prestasies wat dié maatskappy oor vyf dekades bereik het.

Laai die volledige bylaag hier af

Laai die volledige bylaag hier af