Greg Talbot, bestuurende direkteur van Tal-Tec, sê as dit by veemerking kom, is doeltreffendheid en akkuraatheid vir boere deurslaggewend. Dis juis hoekom Tal-Tec se innoverende brandstel ontwerp is om aan praktiese vereistes te voldoen – sonder om gehalte prys te gee.

Volgens Talbot is Tal-Tec se brandysters besonders omdat die letters of nommers van vlekvrye staal gemaak is. “Anders as gegalvaniseerde of elektrogeplateerde eenhede wat met tyd afvlek of roes, hou hierdie vlekvrye staal letters of nommers hul vorm en netheid.” Hy verduidelik dat die ysters lig en goed gebalanseerd is, wat dit maklik maak om mee te werk. “Wanneer jy brand, kan jy voel wanneer die yster reg teen die dier druk. Dit gee ’n netjiese, duidelike merk wat leesbaar is.”

Een van Tal-Tec se slim oplossings is die sogenaamde “gekombineerde brandysters” – ’n stel letters wat vas in ’n spesifieke rangskikking gemonteer is volgens jou brandmerk sertifikaat. Dit maak dit amper onmoontlik om foute te maak tydens die merkproses. "As jy byvoorbeeld ‘n spieëlbeeld letter soos F, G, J, L, N, P, R, S of Z op jou sertifikaat het — wat amper identies lyk aan hul gewone vorms — kan dit maklik mis gekyk word. ’n Gewone letter kan dan per ongeluk gebrand word, wat jou brandmerk verkeerd maak. Dít is waar die kombinasie-eenheid help: om elke keer te verseker dat jou brandmerk korrek is."

Hy gee egter toe dat dit ’n uitdaging is om dié brandysters perfek eweredig te verhit, veral wanneer dit in ’n driehoekige patroon geplaas is. “Maar ons oond is ontwerp om hierdie uitdaging aan te spreek en maak dit makliker as op ’n oop vlam,” sê hy.

Talbot beklemtoon ook die kostebesparings van die stelsel. “Een gasbottel hou vir tot drie dae – selfs met aaneenlopende demonstrasies of wanneer jy 50 tot 100 diere per dag merk.” Dit maak dit baie meer ekonomies as tradisionele oopvlamstelsels.

Nog ’n sleutelkomponent in die proses is Tal-Tec se nek-en-lyfklamp, wat spesifiek ontwerp is vir beeste van ses maande en ouer. “Die klamp stabiliseer die dier sodat jy minder hande nodig het, en dit voorkom onnodige stres of beserings vir die boer en die bees tydens brandmerking.”

Tal-Tec se doel is om veeboere van praktiese, robuuste oplossings te voorsien – van begin tot einde tydens die merkproses. “Ons het ons produk ontwerp met die realiteit van plaaswerk in gedagte, maklik om te gebruik, veilig vir die boer en bees en dit werk eenvoudig net!” sluit Talbot af.