Word Huisgenoot se Mej. Tiener 2025
en wen groot!

Dekades lank het Huisgenoot jaarliks ’n Mej. Tiener aangewys. In 2024 het ons die kompetisie afgestof, ’n nuwe baadjie aangetrek en die mooie Carli Oosthuizen van Senekal was ons eerste Mej. Tiener in jare.

Vanjaar doen ons dit weer – ons soek na ’n rolmodel vir ’n nuwe generasie.

Sy is gemaklik met wie sy is, mooi van buite én binne. Sy is sjarmant en slim. Sy het deernis vir ander en hoop vir die toekoms. Sy droom nie net nie, sy is ’n doener en maak ’n verskil op haar eie manier. Is dit jy? Of klink dit soos iemand wat jy ken?
Is jy of jou tiener tussen 14 en 18?
Skryf dan nou in!

  • Jy kan net aanlyn op Huisgenoot se
    Mej. Tiener-kompetisieblad inskryf.
  • Vul jou besonderhede in, asook jou ouers/voogde se besonderhede, en laai ’n foto van jou op saam met ’n kort motivering oor die redes waarom jy Mej. Tiener 2025 moet wees.
  • Gaan volg Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Onthou, tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2025.
    Dit sal ons help om jou video te vind.
  • Huisgenoot sal die 10 finaliste aanwys, en hulle kontak vir ’n onderhoud wat in Huisgenoot en op huisgenoot.com sal verskyn.
  • Die TikTok-video’s van die 10 finaliste sal aanlyn gepubliseer word op die Mej. Tiener-kompetisieblad en op huisgenoot.com.
  • Die finaliste moet gedurende die winterskoolvakansie in Junie en Julie beskibaar wees.
  • Die publiek kan dan op Huisgenoot se spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir hul gunstelinge stem.
  • Die wenner word later vanjaar in Huisgenoot en op huisgenoot.com aangekondig!
  • Jy kan net aanlyn op Huisgenoot se
    Mej. Tiener-kompetisieblad inskryf.
  • Vul jou besonderhede in, asook jou ouers/voogde se besonderhede, en laai ’n foto van jou op saam met ’n kort motivering oor die redes waarom jy Mej. Tiener 2025 moet wees.
  • Gaan volg Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Onthou, tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2025.
    Dit sal ons help om jou video te vind.
  • Huisgenoot sal die 10 finaliste aanwys, en hulle kontak vir ’n onderhoud wat in Huisgenoot en op huisgenoot.com sal verskyn.
  • Die TikTok-video’s van die 10 finaliste sal aanlyn gepubliseer word op die Mej. Tiener-kompetisieblad en op huisgenoot.com.
  • Die finaliste moet gedurende die winterskoolvakansie in Junie en Julie beskibaar wees.
  • Die publiek kan dan op Huisgenoot se spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir hul gunstelinge stem.
  • Die wenner word later vanjaar in Huisgenoot en op huisgenoot.com aangekondig!
  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar foto op Huisgenoot se voorblad.
  • Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosialemediaplatforms.
  • Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk.
  • Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils.
  • En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant!

Voltooi die inskrywingsvorm vir jou kans om te wen.

Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes deur voor jy inskryf vir Mej. Tiener.

1. Om in te skryf vir Mej. Tiener, moet jy aan die ouderdomsvereistes voldoen. Jy moet tussen die ouderdom van 14 en 18 jaar wees. Net tieners tussen hierdie ouderdomme mag inskryf.
2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon.
3. ’n Ouer of wettige voog moet toestemming gee dat jy aan die kompetisie mag deelneem. Media24 behou die reg voor om bewys aan te vra dat jy die kind se ouer of wettige voog is. As jy nie so ’n bewys kan lewer nie, sal jy gediskwalifiseer word van deelname aan die kompetisie, en as jy reeds ’n prys gewen het, enige prys verbeur.
4. Jy mag deur iemand anders (’n ouer of ’n voog) ingeskryf word.
5. Jy moet ’n foto en ’n motivering inskryf deur dit op te laai in die inskrywingsvorm op hierdie webtuiste. Indien jy enige vrae het, stuur asseblief e-pos na mejtiener@huisgenoot.com.
6. Net inskrywings deur hierdie webtuiste word toegelaat.
7. Volg dan ook Huisgenoot op TikTok en deel met ons ’n kreatiewe video waarin jy meer oor jouself vertel. Tag @Huisgenoot en gebruik #HGMejTiener2025 sodat ons jou video kan vind. Die video moet in Afrikaans wees.
8. Die kompetisie begin op 28 Maart 2025. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 9 Mei 2025 om 17:00. Die deelnemer se TikTok-video moet ook teen hierdie tyd opgelaai wees.
9. Die prys sluit die volgende in: Die wenner se verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar foto op Huisgenoot se voorblad. Haar verhaal sal ook verskyn op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosialemediaplatforms. Sy sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk. Sy sal verskyn as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal. Sy wen ’n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils. En dan stap die wenner ook weg met R10 000 in kontant.
10. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.
11. Die toekennings en pryse kan nie geruil word nie.
12. Deur deel te neem aan Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie stem deelnemers en hul ouers in dat hul naam en/of foto en/of TikTok-video in Huisgenoot en op huisgenoot.com sowel as op ons spesiale aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad en enige van Huisgenoot se sosialemediaplatforms gepubliseer en gedeel mag word.
13. Daar is geen inskrywingsgeld vir hierdie kompetisie nie.
14. Jy mag slegs een keer inskryf. As jy meer as een kind wil inskryf, word dit wel toegelaat.
15. Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar bevestig en gee jy as wettige voog toestemming vir die volgende:
(a) Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die foto’s wat jy inskryf vir die kompetisie, berus by jou. Nadat jy die foto’s op die kompetisieblad opgelaai het, sal hierdie regte by Media24 berus.
(b) Buiten soos in hierdie bepalings en voorwaardes gespesifiseer, het Huisgenoot en Media24 geen verpligting, finansieel of andersins, teenoor jou met betrekking tot die publikasie of gebruik van die foto’s nie.
(c) Die gebruik en publikasie van die foto’s, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes, sal nie jou en jou kind se reg op privaatheid skend nie. Jou en jou kind se privaat besonderhede sal nie met derde partye gedeel word nie.
(d) Die deelnemer kan die geleentheid hê om in ons bemarkingsmateriaal te verskyn, onderhewig aan hul regte om so ’n uitnodiging van die hand te wys.
16. Die finale keuse van die top-30- en top-10-finaliste in sal deur die Huisgenoot-paneel gedoen word en daardie keuse en besluite is finaal. Media24 en die Huisgenoot-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
17. Die TikTok-video wat as deel van die inskrywing met Huisgenoot gedeel word en die deelnemer se foto en motivering sal in ag geneem word tydens beoordeling en keuse van die top-10-finaliste.
18. Die publiek sal op Huisgenoot se aanlyn Mej. Tiener-kompetisieblad vir hul gunsteling kan stem. Die wenner sal bepaal word deur die Huisgenoot-paneel. Die stemme van die publiek word in ag geneem wanneer die wenner gekies word.
19. Wenners sal telefonies in kennis gestel word asook per e-pos waar beskikbaar.
20. Media24 sal die wenner drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die wenner deur middel van een van die drie oproepe of e-pos in die hande kan kry nie, sal die finalis met die tweede meeste stemme die wenner word.
21. Die finaliste sowel as die wenner sal in Huisgenoot, op huisgenoot.com en op Huisgenoot se sosialemediaplatforms aangekondig word.
22. Jy verstaan dat deur jou kind/kinders vir hierdie kompetisie in te skryf, jou kind/kinders se voornaam, van en ouderdom sowel as hul foto en Tik-Tok-video in die Huisgenoot Mej. Tiener-kompetisie op verskeie platforms gepubliseer sal kan word volgens hierdie bepalings en voorwaardes; en dat jou kind se deelname aan hierdie kompetisie, asook die aanvaarding en/of gebruik van ’n prys op jou en jou kind se eie risiko is.