Lyk jy soos ’n Suidooster-ster? Skryf nou in vir ons Suidooster Lookalike-kompetisie en jy word dalk famous!
Kuier raak in September 16 jaar oud, en Suidooster raak tien in November. Ons vier dié mylpaal-verjaardae met die kompetisie waarin ons soek na mense wat Suidooster-karakters se doubles kan wees.
HOE WERK DIT?
- Scroll af en soek die karakter na wie jy die meeste lyk.
- Klik op die Skryf In-knoppie by die karakter van jou keuse.
- Vul die kompetisievorm in met jou besonderhede, en sê ook hoekom jy dink julle lyk na mekaar.
- Laai ’n maksimum van 3 foto’s op van jouself waar ’n mens kan sien hoekom jy dink jy lyk na die karakter.
- Die top 10-finaliste sal deur Kuier gekies word en aanlyn, op hierdie website, gepubliseer word.
- Die publiek sal dan kan stem vir hul gunstelinge – ons sal julle laat weet wanneer die top 10 aangekondig word op Kuier se sosiale media.
- Die Kuier-redaksie en Suidooster-vervaardigers sal uit die top drie wat die meeste stemme gekry het, ’n finale wenner kies.
WAT JY KAN WEN
Die top drie sal al drie ’n geskenkpak van African Extracts ontvang.
Die wenner sal R5 000 kontant ontvang en R1 000 se velsorg van hul keuse van African Extracts. Die wenner sal ook in Kuier verskyn, asook ’n gasverskyning maak op Suidooster self!
SOOS WIE LYK JY?
Aiden
Aiden is die eienaar van Aalwyn Apteek. Hy is innemend, hardwerkend en kom goed klaar met oud en jonk. Hy is nie net ’n goeie vriend nie, maar ook ’n regverdige werkgewer.
Angie
Angie bestuur die Nail’d It Bar, en sy glo dat die eerste indruk altyd mooi moet wees. Sy is selfversekerd, uitgesproke en sien altyd eers die mooi raak - en as iets nie mooi is nie, verfraai sy dit sommer self.
Bennie
Bennie het nie ’n filter nie en mense weet altyd wat hy dink, want hy gaan dit vir jou reguit sê! Hy is Ruiterbosch se voëlkenner en ’n toegewyde lid van die buurtwag. Sy kwinkslae is legendaries!
Bianca
Bianca is 'n veerkragtige enkelma en het vir jare Ruiterbosch se Oos Wes-restaurant bestuur. Sy is Mymoena se dogter en vol hoop, vasberadenheid en 'n wilskrag om die beste van haar lewe te maak. Die liefde het haar nog altyd ontwyk, maar dit blyk nou iets van die verlede te wees.
Bridgette
Bridgette is ’n emosionele, kragtige karakter. Sy is Ruiterbosch royalty en as grootbaas van JPD swaai sy septer oor 'n multimiljoenrand-sakeryk. Die lewe het al egter vir haar ’n paar houe uitgedeel, maar sy het nog altyd opgestaan.
Elana
Elana is eerlik, verantwoordelik en hardwerkend. Sy is nie bang om die waarheid te sê nie, maak nie saak hoe ongemaklik dit is nie. Saam met haar vrou, Susan, het hulle gou geliefde inwoners van Ruiterbosch geword en besit sy Ruiterbosch se gewilde watergat, Anker.
Frankie
Frankie is ’n vars, impulsiewe briesie in Ruiterbosch – onvoorspelbaar, avontuurlustig én vol geheime. Onder haar harde dop lê ’n sagte siel wat drama en mystery bring.
Gary
Gary, Aiden se jonger broer, is ’n Gen‑Z wat probeer om maklik geld te maak. Hy is nie ’n slegte persoon nie, maar tree baie keer op sonder om te dink – wat natuurlik gevolge het.
Justin
Agter sy gespierde voorkoms skuil daar ’n romantiese siel... Met sy blokkiesmaag het hy al ‘n paar harte gebreek, maar deesdae lyk dit of hy net oë vir Frankie het. Hoewel hy bietjie van ’n losbol was, het hy sy voete gevind en is hy deesdae agter die mikrofoon by Radio Dassie.
Kaashifa
Kaashifa is ’n sjef – sag, begaafd en mededeelsaam, die eienaar en sjef van Oos-Wes restaurant. Sy is getroud met Rhafiek en hulle het pas hul eersteling verwelkom en weer bymekaar gekom na groot drama.
Kate
Kate is ’n warm, lojale vriendin – altyd daar vir Mymoena en ander. Sy word beskou as ’n positiewe invloed in die gemeenskap en ’n stille steunpilaar.
Lee-Ann
Lee Ann is ’n morele rigtingwyser. Sy het ’n stormagtige verlede, maar dit het haar nie gekeer om van haar lewe ’n sukses te maak nie. Maar sy ken van hartseer en moes die liefde van haar lewe aan die dood afstaan. Sy volg ’n pad van regverdigheid.
Mrs J
Mrs J is die hart en matriarg van die Jacobs-familie. Sy hou alles bymekaar, is ’n sterk Christelike figuur, en bak die beste melktert in Ruiterbosch, maar sy is veral bekend as Ruiterbosch se uitkyk-auntie.
Mymoena
Mymoena is ’n warm, praatlustige moederfiguur. Sy sit graag ure lank en skinder saam met Kate en Mrs J. Sag, liefdevol én standvastig – sy laat nie toe dat iemand se drama haar onderkry nie.
Nazeem
Nazeem is ’n regte glyjakkals en weet net hoe om te kry wat hy wil hê. Die geluk was nog meestal aan sy kant as dit by sy skelmstreke kom, maar die wiel het egter ook vir hom gedraai... Hoewel Nazeem ‘n rowwe kalant is, het sy sagte kant al deurgeskemer...
Rhafiek
Rhafiek is ’n real-life fairytale-figuur – hy’s mooi, het ’n hart van goud, maar staan bekend vir sy regverdigheid. Hy streef na goeie waardes, hoewel sy morele kompas hom soms seermaak.
Riaan
Kate se laatlam het gewys dat hy ’n man is wat doelgerig is. Hy draai nie sommer doekies om nie, want daar is vir hom ’n “reg” en ’n “verkeerd”. Natuurlik is hy sag op die oog. maar hy soek nog na sy deksel...
Siya
Na Siya besef het hy moet homself red, het dit duidelik geword dat hy hier geplaas is om ander te red. Sy hart is goud en sy bedoelings suiwer. As Ruiterbosch se pastoor kyk baie inwoners op na hom. Hy probeer ook ’n goeie pa vir sy aanneemseun, Brendan wees.
Susan
Susan, as mede-eienaar van Radio Dassie, is omtrent in “tune” met wat in Ruiterbosch aangaan. Dié aantreklike donkerkop glo in geregtigheid en sy is nie net ’n goeie eggenoot nie, maar ook ’n staatmaker vriendin vir almal.
Wade
Soek jy ’n goeie cocktail in Ruiterbosch, dan is Wade jou man! Die lewe het al ’n paar draaie met hom gestap en hy ken van seerkry. Deesdae, met Zoë aan sy arm, skuur hy skouers met die Jacobse se grênd vriende, maar tog bly sy voete plat op die aarde.
Zoë
Zoë is die “prinses van Ruiterbosch” – sy het met haar agterstewe in die botter geval as oorlede Ian October se niggie en het vir Bridgette soos ’n dogter geword. Sy is uitgesproke, weet wat sy wil hê, en leef sonder compromise in haar lewe en verhoudings.
REËLS
Lees asseblief die reëls, bepalings en voorwaardes deur voor jy inskryf vir die Kuier Suidooster Lookalike-kompetisie.
1. Om in te skryf vir die Kuier Suidooster Lookalike-kompetisie, moet jy ouer as 18 jaar wees. 2. Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in Suid-Afrika woon. 3. Jy moet drie foto’s (minimum een) inskryf deur dit op te laai deur die inskrywingsvorm op hierdie webtuiste. 4. Net inskrywings deur hierdie webtuiste word toegelaat. 5. Die kompetisie begin op 5 September 2025. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 3 Oktober 2025 om 17:00. 6. Die prys sluit die volgende in: Die top 10 finaliste sal op hierdie website verskyn. Die top 3 sal deur die publiek gekies word en sal elk ’n African Extracts geskenkpak ontvang. Die finale wenner word deur die Kuier-redaksie en Suidooster-vervaardigers gekies en ontvang ’n R1 000 se geskenksak van African Extracts, R5 000 kontant, en sal in Kuier asook op Suidooster verskyn. 7. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie. 8. Die pryse kan nie geruil word nie. 9. Deur deel te neem aan hierdie kompetisie stem deelnemers in dat hul naam en/of foto en/of video in Kuier en op Kuier se website, op hierdie spesiale Kuier Suidooster Lookalike-website, en Kuier en Suidooster se sosialemediaplatforms gepubliseer en gedeel mag word. 10. Daar is geen inskrywingsgeld vir hierdie kompetisie nie. 11. Jy mag slegs een keer inskryf. 12. Deur hierdie bepalings en voorwaardes te aanvaar bevestig en gee jy toestemming vir die volgende: (a) Alle regte, insluitend intellektuele eiendomsreg en kopiereg op die foto’s wat jy inskryf vir die kompetisie, berus by jou. Nadat jy die foto’s en/of video’s op die kompetisieblad opgelaai het, sal hierdie regte by Media24 berus. (b) Buiten soos in hierdie bepalings en voorwaardes gespesifiseer, het Kuier, Suidooster en Media24 geen verpligting, finansieel of andersins, teenoor jou met betrekking tot die publikasie of gebruik van die foto’s nie. (c) Die gebruik en publikasie van die foto’s, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes, sal nie jou reg op privaatheid skend nie. Jou privaat besonderhede sal nie met derde partye gedeel word nie. (d) Die deelnemer kan die geleentheid hê om in ons bemarkingsmateriaal te verskyn, onderhewig aan hul regte om so ’n uitnodiging van die hand te wys. 13. Die finale keuse van die top-10- en die finale Lookalike-wenner Kuier- en Suidooster-paneel gedoen word en daardie keuse en besluite is finaal. Media24 en die Huisgenoot-paneel se besluit oor enige aangeleentheid rakende die kompetisie of hierdie bepalings en voorwaardes is finaal, en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 14. Die deelnemer se foto en motivering wat as deel van die inskrywing met Kuier en Suidooster gedeel word sal in ag geneem word tydens beoordeling en keuse van die finaliste. 15. Die publiek sal op Kuier se aanlyn Suidooster Lookalike-kompetisieblad vir hul gunsteling kan stem. Die wenner sal bepaal word deur die Kuier- en Suidooster-paneel. Die stemme van die publiek word in ag geneem wanneer die wenner gekies word. 16. Wenners sal telefonies in kennis gestel word asook per e-pos waar beskikbaar. 17. Media24 sal die wenner drie keer gedurende kantoorure (09:00 tot 17:00) probeer kontak. As ons nie die wenner deur middel van een van die drie oproepe of e-pos in die hande kan kry nie, sal die finalis met die tweede meeste stemme die wenner word. 18. Die finaliste sowel as die wenner sal in Kuier, op Kuier se website en op Kuier en Suidooster se sosialemediaplatforms aangekondig word. 19. Jy verstaan dat deur vir hierdie kompetisie in te skryf, jou voornaam, van en ouderdom sowel as jou foto in die Kuier Suidooster Lookalike-kompetisie opverskeie platforms gepubliseer sal kan word volgens hierdie bepalings en voorwaardes; en dat jou deelname aan hierdie kompetisie, asook die aanvaarding en/of gebruik van ’n prys op jou eie risiko is.
KONTAK
As jy enige vrae het of sukkel om in te skryf, kontak kuier@kuier.co.za
